aanhoudend

 

Al wat ek onthou is dat ek jou doodgedruk het in die nat gras.

 

Ek het geskryf en myself uitgeslym bietjie vir bietjie op papier met n potlood, nooit n pen nie.

 

Saam het ons gaan stap, elke dag, sodra die swelling te seer gesweer het.

 

In die middae, as die veld stil was en die stadion leeg, kon ons praat, want daar was niemand daar behalwe ek, jy, die nat gras, papier canvas en geliefde potlood nie.

 

Gelydelik bietjie bietjie is elke gevoel gevoel, verwoord. Soms angstig, soms kwaad, soms seer.

 

Altyd warm. Altyd eerlik.

 

Rondom my kop en binne in my hart het ons gedraai en spiraal spelonk gegly-gly-gly tot ons bodem geslaan het. Hard. Seker. Genoeg. Gedoen.

 

Eendag is eendag is nou wat ons steeds dwaal drentel swerf saam. Sal jy my ooit los of is ons vir altyd vas in die stof van ons bestaan of dit nou is of dan of toe?

 

Terloops ter wille van die teerheid het die tafels gedraai en die stoele aanhou skuif. Nooit kry ons genoeg nie. Nooit is dit vir ewig reg nie. Altyd moet ons soek.

 

Van more af is wat jy altyd se. Van nou af is ons klaar. Dis genoeg. Dis te veel. Dis verlede. Dis verveel.

 

Die son skyn elke oggend in my hart se skeur n letsel. Wat my dryf wat my skuif wat my aanhou maak onthou.

 

Jy hou my vas soos min ander ooit het. Ek het jou nie lief nie. Jy maak my seerder. Maar jy is altyd daar. Selfs as ek jou weggooi wegjaag wegjou…

 

Verlange nooit vergete. Ek sien gesigte, altyd joune. Jy het blou baba oe wat my altyd aanhou kyk. Jou hare skyn die sonlig dat dit meer word.

 

Is genoeg nooit genoeg nie? Tot wanneer dan is ons nie klaar nie?

 

Ek het jou lief. Ek het nie.

 

 

***